Klein-Karoo Wurg Dood In Droogte – Humanitêre Krisis Dreig

Home
Klein-Karoo Wurg Dood In Droogte – Humanitêre Krisis Dreig

“Ek het al baie oor hierdie droogte gedink en tot die gevolgtrekking gekom, die Here se hand is toe vir reën omdat hy ‘n oorlog wil voorkom. Al hierdie praatjies van grond afvat sonder vergoeding… die haatspraak….dit is mos skietgoed vir ‘n oorlog. Wie sal dan ‘n plaas vat waar daar nie water is nie? Die Here het die droogte gestuur as buffer tussen onse mense, om die oorlog te voorkom.”

Dis die mening van Anthony Bernardus, plaasbestuurder by Balmoral Boerdery buite Ladismith in die Klein-Karoo wat tot onlangs nog meer as 300 hektaar se spog uitvoervrugte gelewer het. Balmoral, wat uit ses plase in die Hoekovallei bestaan, is onlangs as reddingsbesigheid geregistreer. Bernardus lyk effens verslae waar hy in ‘n boord vol dooie bome staan. Die droogte van die afgelope drie jaar het sy slagoffers geëis.

Mens, boom en gees.

Bernardus is een van die meer as 500 werkers (permanent en seisoenaal) wat op Balmoral Boerdery gewerk het en tans werkloosheidsversekering kry. Einde Januarie kom die geld ook tot einde. “My vraag aan die regering is, hoekom hierdie gebied nog nie tot rampgebied verklaar is nie? Hoe droog moet dit dan nou wees, en hoe lank moet hy ons wurg voordat hulle dit as rampgebied verklaar?”

Berekeninge wat deur die boerevereniging van die streek gemaak is, dui daarop dat meer as R30 miljoen se lone nie hierdie seisoen aan werkers uitbetaal gaan word nie. Geld wat gewoonlik in die plaaslike ekonomie teruggeploeg is. Ongeveer 1000 gesinne word deur die arbeidskrisis geraak. In die hele streek is meer as 300 hektaar vrugteboorde reeds uitgehaal. Sommige boere het nie eens geld om die dooie bome te verwyder nie en daar is nou vrese onder die gemeenskap dat dit tot ‘n pesuitbraak in die streek kan voer. Dit, terwyl die een besigheid na die ander op Ladismith hulle deure sluit.

Kliek hier vir die hele artikel en onderhoude met produsente: droogte-finaal

Kliek hier vir ‘n hommeltuigvideo oor die streek: https://www.youtube.com/watch?v=Iog4LGLtGLQ

Share this post

We can't do it without you.

The Hortgro Legacy Foundation is a non-profit that fights poverty, and inequity, by investing in people and uplifting communities. The success of our industry depends on innovative technology, research, and development to ensure sustainable practices that care for our environment.

Join our hall of fame and become a champion of the deciduous fruit industry. Our initiatives focus on results. Those that can be measured. And those measured in ways beyond numbers.

What will your legacy be?
By clicking “Accept All Cookies”, you agree to the storing of cookies on your device to enhance site navigation and analyse site usage. View our Privacy Policy for more information.